Professional Reader Snow's book hollow: Slinger-slinger

Friday 20 April 2012

Slinger-slinger







Slinger-slinger
Francois Bloemhof

So ons gaan terug  in tyd...

'n boek gepubliseer in 1996
('n jaar na my geboorte )

Stephan maak klaar met sy "standerd" 9 jaar. Hy en sy beste pel Derek is reg vir die vakansie by die see. Met 'n fiets kompetisie aan die kom is Stephan met sy nuwe fiets(wat hom baie seksueel laat dink) vasberade om te wen. Dan ontmoet hy 'n meisie en soos dit altyd gebeur krap dit mos nou sommer alles behoorlik om. Is die meisie ( Lisa b.t.w) se pa so 'n "poephol" soos sy sê?  Wat is Derek se probleem met haar? Wat doen jy as jy uitvind jou beste vriend is nie wat hy voorgee ? Vind uit in Francois Bloemhof se dramatiese seksuele ;)  romans Slinger-slinger.

'n lekker boek om te lees.  Maklik om in die storie in te gly... en paar goeie skokke wat jou die sin sommer twee keer laat lees.

Maklik om met die karakters te identifiseer. Ek dink seuns kan dit maar lees dit het 'n lekker sprinkel van  Spud (deur John van der Ruit) oor hom. Die boek sal jou ook 'n paar keer hardop laat lag. 





Dialoog :

Dit was vir my nogal snaaks om te sien hoe tieners so min hulle tale gemeng het in die boek maar die vloek woorde bly tog dieselfde. As jy dit lees kan jy agter kom dis in 'n effe vroeër tyd geskryf.

 
Dit was vir my so KLEIN bietjie voorspelbaar (vir die jong ervare leser wat ek mos nou is)
Ek gee dit 3 sterre uit 5. "Ek het daarvan gehou".

Temas :

Temas waarmee gewerk word is mishandeling , homoseksueel , seks en vals huwelike.


Maar as jy wil weet hoekom die huise se name "Krom Slinger" en "Stout Slinger" is en nog baie ander bloos naampies, lees die boek .

=)












No comments :

Post a Comment