Professional Reader Snow's book hollow: 2013-05-26

Tuesday 28 May 2013

Sonder Chocolate Charlie

Sonder Chocolate Charlie
Marga Jonker








Dink gou aan jou passie. Dink gou waarin is jy goed? Verbeel jou jy was in ongeluk en nou wanneer jy naby aan jou passie kom, val jy flou.


















Verbeel jou jy was in 'n ongeluk wat jy nie kan onthou nie...


Dit is wat met arme Nell gebeur het in die Desember vakansie. Nell bly op 'n perdeplaas en sy is 'n WP perderuiter. Nell en haar perd ,Chocolate Charlie, was in 'n ongeluk en nou kan sy nie eers die asem van 'n perd op haar voel nie of sy val flou.

Wat is die geheim agter die perd wat Oupa Sallie by die meubelwinkel gekoop het? Sal Nell haar vrese kan oorkom of sal sy verewig swart sien as 'n perd naby is. Sal Nell weer 'n ander perd kan lief hĂȘ of sal Charlie altyd by haar spook?



 'n Mooi verhaal oor 'n meisie wat moet leer hoe om haar vrese te oorkom en weer moet leer om perde te vertrou.


Temas :

Vrees VS Braaf wees

Aanvaarding

Nuwe liefde


Waarvan ek nie gehou het nie:

Soms was dit soos 'n mode tydskrif in plaas van 'n storie.


Ek gee dit :

**** (4 sterre )


Ek sal dit aanraai vir jonger lesers en vir alle perdeliefhebbers. Dit is 'n mooi oorspronklike verhaal vol spanning en ek het dit baie geniet.

Die boek is geprop vol raaisels wat jou hande sal laat blaai tot die einde.



=)*