Professional Reader Snow's book hollow: Skreeu

Monday 24 September 2012

Skreeu


Kyk wie is terug :)

Ek gaan meer Afrikaans begin skryf.

Die volgende boek waaroor ek skryf na ek so lang vakansie gevat het is Skreeu.




Hierdie boek is ‘n blikoopmaker vir daardie blikkie waarin tieners hulle alledaagse probleme in stop. ‘n Resepte boek vir ‘n tiener se lewe.  Hierdie bundel is briljant.

Jy kry partykeer een goeie kort storie weggesteek tussen die bladsye van 'n dik kort verhale bundel en dis dit. Jy hoef nie meer verder te soek hierdie boek is boek gevul met die lekkerste van die lekkerste die soetste van die soetste dus nou as stories lekkers was. 

Ek kan so 'n paar op noem wat vir my besonders was. 
 
"Groete uit Alaska deur Nelia Engelbrecht"

Het jy al ooit gewonder waartoe 'n tiener werklik in staat is? Wat die te kort van liefde en omgee rêrig aan 'n kind kan doen? Wel as jy nie het nie wed ek jou jy doen nou. Dit is 'n storie van seker so 3 bladsye. Ek het die storie 'n maand terug gelees en dit prikkel nog steeds in my gedagtes. As jy lus is vir 'n "koue" riller is dit 'n "moet lees".


Dit is ek Lara deur  Riana Scheepers

"Ek is so vet!" 'n Mens hoor dit net al hoe meer onder tieners meisies wat dan nie eers 'n stukkie vleis op die bene het nie, maar wat gebeur wanner die meisie werklik dit begin glo en wanneer sy in die spieël kyk  'n olifant sien in plaas van die geraamte wat werklik daar staan?
Lara is 'n anoreksiese meisie wat weer moet leer hoe om te eet. Dit is eintlik maar 'n baie hartseer verhaal en daar kom selfs 'n paar bo natuurlike elemente voor.


Skreeu deur Jaco Jacobs
Alle tieners weet hoe dit voel wanneer 'n ouer jou so "embarrass" dat jy net jou kop in 'n gat wil in druk en nooit weer uit kom nie. Ontmoet 'n tiener wat se ma so erg is dat al wat sy op die ou end hoor is kerk klokke en skinder stories wat om haar vlieg en die verlate spook van haar pa.
Wat doen mens dan? Jy skreeu.




Al die stories trek jou in 'n wêreld in waar emosies so oordonderend is, dat jy ‘n hele rukkie oop mond sal sit en na die laaste sin en staar. 

Temas

ALLES! (Ek is erenstig)


Briljante boek een van my heel gunsteling boeke wat ek nog ooit gelees het.



5 sterre ***** 


=)*

3 comments :

  1. Awe, wens ek kon dit lees :(

    weet jy nie van 'n digitale versie nie? Ek is in Europa en om dit te bestel en te laat aflewer is nogal duur :(

    Veral die storie oor Lara sou ek wou lees!

    Laat weet my op winterzgirl@hotmail.com as jy van 'n digitale versie weet of die van jou wil inscan, al is dit net daardie verhaar...

    pleeeeeze :)

    ReplyDelete
  2. Jy sal op http://www.kalahari.com/ kan gaan kyk daar sal jy verdere informasie kan kry. Die boek is op die oomblik R100 so ek weet nie hoe duur die vervoer koste gaan wees maar dit kan nie te duur uitwerk nie?

    ReplyDelete
  3. Thanx, sal bietjie kyk.. maar hulle pos dit jammer genoeg nie so vêr nie.

    ReplyDelete